Beschreibung
Produktdetails
Format
ePUB
Kopierschutz
Ja
Family Sharing
Nein
Text-to-Speech
Ja
Altersempfehlung
13 - 15 Jahr(e)
Erscheinungsdatum
06.04.2020
Verlag
Pan Macmillan South AfricaSeitenzahl
(Printausgabe)
Dateigröße
1510 KB
EAN
9781776250257
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van 'n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.
Toe ons oneindig was, is die verhaal van 'n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in 'n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis 'n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van 'n meisie op 'n selfontdekkingsreis - die soort reis wat in 'n Hollywoodfliek hoort.
Kundinnen und Kunden meinen
Verfassen Sie die erste Bewertung zu diesem Artikel
Helfen Sie anderen Kund*innen durch Ihre Meinung