Beschreibung
Produktdetails
Format
ePUB
Kopierschutz
Ja
Family Sharing
Nein
Text-to-Speech
Ja
Erscheinungsdatum
01.09.2023
Verlag
LAPA PublishersSeitenzahl
304 (Printausgabe)
Dateigröße
483 KB
Auflage
1. Auflage
EAN
9780637005432
Drie jaar ná die dood van Afrikaans se grootste skrywer kom 'n Nederlandse vrou na Suid-Afrika om navorsing vir 'n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.
Onder die deurdringende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens 'n aspirantskrywer en nou 'n Zen-monnik, hul vervlegte lewens bloot in die bestek van een nag.
Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op sy eertydse leerling so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?
Sluitstuk is 'n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls verken.
JOHANN ROSSOUW is die skrywer van die romans 'n Rooi Z4 en 'n Renaissance-kasteel en Verwoerdburg. Sy artikels en rubrieke verskyn gereeld in Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy het in Suid-Afrika, Frankryk en Australië studeer, en hy doseer tans filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy woon saam met sy gesin in Bloemfontein.

Kundinnen und Kunden meinen
Verfassen Sie die erste Bewertung zu diesem Artikel
Helfen Sie anderen Kund*innen durch Ihre Meinung