Beschreibung
Produktdetails
Format
ePUB
Kopierschutz
Ja
Family Sharing
Nein
Text-to-Speech
Ja
Erscheinungsdatum
01.09.2023
Verlag
LAPA PublishersSeitenzahl
244 (Printausgabe)
Dateigröße
783 KB
Auflage
1. Auflage
EAN
9781776359899
Misverstand is die tragiese verhaal van die laaste jaar en 'n dag in die bestaan van die gelyknamige dorpie. Ná die regering besluit om 'n reuse nuwe dam in die omgewing te bou, moet hierdie vergete plek met sy vergete mense ontruim word voor die waters kom. Wanneer die bejaarde dominee van Helsdingen op 'n dag kaal en gewapen met 'n Mauser en die Bybel die strate invaar, word Konstabel Cheslin Fielies, vars oorgeplaas van die Cape Flats, betrek by die eindtye van Misverstand. Dit raak sy taak om die mense te oorreed om die dorp te verlaat voor die regering toeslaan en die area ontruim. Maar hoe meer hy die mense leer ken, hoe meer ontferm hy homself oor hulle, veral Miriam, die dominee se vrou, wat oënskynlik sonder hulp of heenkome gelaat gaan word. Maar hy begin ook vermoed daar lê geheime verberg in hierdie klein gemeenskap, geheime wat deur die waters weggespoel gaan word. Wat weet die skinderbek Wilna Klim? En wat het die bokwagter Jan Boklam gesien by die plaasdam? Hoekom glo die mense van die dorp dit spook in die groot pastoriehuis? Met sy vrou, Charmaine, wat egter swanger word, en die dorpsmense wat hardkoppig teëstribbel, lyk dit asof die tyd en die waters hulle almal gaan inhaal voor Cheslin agter die kap van die byl kan kom.
Kundinnen und Kunden meinen
Verfassen Sie die erste Bewertung zu diesem Artikel
Helfen Sie anderen Kund*innen durch Ihre Meinung