Beschreibung
Produktdetails
Format
ePUB
Kopierschutz
Ja
Family Sharing
Ja
Text-to-Speech
Ja
Erscheinungsdatum
25.03.2019
Verlag
LAPA PublishersSeitenzahl
304 (Printausgabe)
Dateigröße
883 KB
EAN
9780799394290
'n Kyk in die donker psige van 'n seksuele kannibaal.
Die hulp van die forensiese profileerder doktor Olaf Demeyer word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam.
Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit want "Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang - om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad."
Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober - die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie - maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop.
"Jy het jou dogter se lewe gered" soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. "Kom help ons nou om jou babaseun ook te red."

Kundinnen und Kunden meinen
Verfassen Sie die erste Bewertung zu diesem Artikel
Helfen Sie anderen Kund*innen durch Ihre Meinung